"LET THERE BE LIGHT" Ministries
home  |  Afrikaans  Tracts

WAT  MOET  EK  DOEN  OM  GERED  TE  WORD?

     Baie vra dieselfde vraag as wat die menigte op die dag van Pinkster gevra het.  Nadat hulle aangekla is deur hul sonde, het hulle uitgeroep; "Wat moet ons doen, broeders?  Het Petrus geantwoord: "Bekeer julle." Handelinge 2:37-38.

     Baie verstaan nie wat bekering beteken nie.  Baie is bedroef omdat hulle gesondig het en maak selfs ‘n uiterlike hervorming omdat hulle vrees dat hul oortreding lyding op hul self sal bring.  Maar dit is nie opregte bekering in die Bybel se sin van die woord nie.  Hulle beklaag die moontlike lyding en nie die sonde nie.
     Die Bybel leer ons nie dat die sondaar eers moet bekeer voordat hulle gehoor moet gee aan die uitnodiging van Christus – "Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee" Matt. 11:28.  Dit is die reinheid deur Christus uitgestraal wat lei na opregte bekering.  Petrus maak dit duidelik aan die Israeliete met die volgende woorde: "Hom het God as Leidsman en Verlosser deur sy regterhand verhoog om aan Israel bekering en vergifnis van sondes te skenk” Hand. 5:31.  Net soos wat ons die bloed van Christus nodig het om ons ons sondes te laat afwas so het ons ook die Gees van Christus nodig vir bekering, deurdat dit ons gewete laat ontwaak.
     Christus is die oorsprong van elke goeie daad.  Hy is die enigste een wie die haat vir sonde in ons harte saai.  Elke verlange wat jy het vir waarheid en reinheid, elke oortuiging van jou eie sondigheid, is ‘n bewys dat Sy Gees jou hart aanspreek.
     Wanneer jou hart toegee tot die invloed van die Gees van God, word die gewete aangespoor, en sal die sondaar die diepte en heiligheid van die grondlegging van God se regering in die hemel en op aarde besef – wat Sy heilige wet is.  "Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die hele wêreld," en verlig die geheime kamers van die siel, en die geheime duister dinge sal duidelik gemaak word (lees Johannes 1:9).  Oortuiging van sonde neem dan besit van die hart.  Die sondaar verkry ‘n besef van die regverdigheid van God en voel die angs om voor die Ondersoeker van harte, te verskyn met hul skuldlas en onreinheid.  Hy aanskou ook die liefde van God, die mooi van die heiligheid, die vreugde en reinheid, en verlang hy om gereinig te word en om herenig te wees en in gemeenskap te leef met die Hemel.
     "En Ek, as Ek van die aarde verhoog word, sal almal na My toe trek." Johannes 12:32.  Christus moet aan jou bekend wees as die Verlosser wie gesterf het vir jou sonde asook vir die sonde van die wêreld; en as jy die Lam van God aan die kruis van Golgota sien hang, sal die geheimenis van verlossing aan jou verstand ontvou word en sal die goedertierenheid van God jou lei tot bekering.  Deur vir die sondaar te sterf, het Christus Sy liefde vir ons bewys, ‘n oneindige liefde, en by aanskoue van Sy liefde, sal dit die hart week maak, die gewete boei en die siel inspireer tot berou.
     Jy mag die liefde teëstaan en weier om na Jesus aangetrek te word; maar as jy nie teenstribbel nie, sal jy na Christus aangetrek word.  En as jy die Verlosser op die ruwe kruis aanskou, mag jy wonder en vra; "Waarom moes hierdie man sterf?"  Die antwoord  – oor die sonde.  Sonde is die rede waarom Christus moes sterwe.  Maar wat is sonde?  Die oortreding van die wet (1 Johannes 3:4).  Watter wet?  God se tien gebooie.
     As ons die 10 gebooie studeer, is dit duidelik dat nie een kon hulle perfek hou nie, en so het almal gesondig en skuldig geword aan die dood (Romeie 3:23, 6:23).  Studeer ons weer die perfekte lewe van Christus, ontdek ons dat hy al die wette van Sy Vader gehou het en nie gesondig het nie, so waarom moes Hy aan die kruis sterf?  Omdat die Vader Jesus na die aarde gestuur het om te sterf vir die sondaar en hulle te verlos van die doodstraf.
     Die sondaar begin dan besef watter ontsaglike liefde God die Vader openbaar deur Sy Seun te stuur vir vir ‘n Plaasvervanger vir die sonde se uiteinde, en dat Jesus Hom baie liefhet om gewilliglik die kruisdood te aanvaar.  Dit kom ook tot die besef, dat ons geeneen gesondig het, sou Christus nie hoef te sterf nie.
     Die sondaar besef ook omdat hy gekies het om te sondig, hy basies skuldig daarin is om Jesus aan die kruis gespyker het en Hom laat sterf het.  By die besef breek sy hart, en sonder vergifnis van sonde is hy verlore.  So word die hele verlossings plan – Christus ons Verlosser, Plaasvervanger, en Hoë Priester voor God om in te tree vir ons sondes –  begin voor sy sig afspeel.  Hy sien dat Christus sy enigste hoop is vir sy redding, die skakel tussen God en die mens, die enigste een wat die brug herstel deur sonde gemaak en hom terug te bring in gemeenskap en harmonie met God en Sy Wet! (1 Johannes 1:9).
     Sodoende uit liefde vir God en Christus is ‘n keuse gemaak om nie meer God se wet te breek.  Maar hoe, sal jy vra?  "Hoe kan ek nie meer sondig nie?"  Hoe het Christus, terwyl hy op aarde was, die sonde bestry?  Dit was deur geloof dat Christus die krag gehad en die guns verkry het van die Vader om alle versoekinge te weerstaan en sonde te oorkom.  Christus het alle versoekinge van Satan weerstaan deur die Wet van God in Sy hart te dra en ook ‘n dader van Sy woord te word (Psalm 40:8, 119:11).  So kan elke sondaar.  Deur dieselfde geloof in God soos Christus gehad het, te beoefen, sal hy ook God se Wet en hul harte opgeskryf kry en sal hulle die mag en guns van God deur Christus verkry en alle versoekings oorwin en alle aanvalle van Satan afweer omdat hulle Christus navolg en daders van God se wil word.
     Dus is dit uit liefde vir God en Jesus Christus, deur God gestuur, dat die sondaar vasbeslote is om God se wet te hou en ‘n dader van Sy wil te word.  En die regverdigheid word sye deur geloof, God word dan hul Vader en hulle Sy kinders (2 Korinthiërs 6:14-18).  So word die besef duidelik dat die wet van God ‘n afskrif of ‘n geskrewe kopie is van Sy karakter, en dat Christus die heerlikheid en geregtigheid van hierdie wet is.
     Verlang jy vir iets beters as wat dié wêreld kan bied, erken dan hierdie verlange as die stem van God na jou siel.  Vra van Hom om jou opregte bekering te gee, om Christus aan jou te openbaar in Sy oneindige liefde en perfekte reinheid.  In die lewe van Christus word die beginsels van God se wet – opperste liefde vir God en liefde vir ons medemens – met perfekte voorbeelde toegelig.  Welwillendheid en onselfsugtige liefde was die grondbeginsel van elke handeling van Hom.  Dit is net deur die aanskoue van Christus en ons gewilligheid dat die lig van ons Verlosser op ons skyn, dat ons die sondigheid van ons harte kan sien en verlang dat Christus ons reinig en vul met Sy lieflike Gees.
     Jy mag dink dat jou lewe meesal goed was en jou morele karakter korrek was, en dink dat jy nie jou hart hoef te verneder voor God soos die gewone sondaar nie: maar wanneer die lig van Christus in jou siel skyn, sal jy sien dat sonde elke handeling in jou lewe besoedel het.  Dan sal jy weet dat jou geregtigheid inderdaad soos ‘n besoedelde kleed is (Jesaja 64:6), en dat die bloed van Christus alleen, ons kan reinig van ons besoedeling van sonde, en ons harte hernu volgens Sy ewebeeld.
     Een straaltjie van die heerlikheid van God, een skynsel van die reinheid van Christus, wat die siel binnedring, maak elke klad van onreinheid baie duidelik, en lê die gebreke en defekte van die menslike karakter, bloot.  Dit lê die onheilige begeertes bloot, ook die ontrou van die hart, die onsuiwerhede van die mond.  Geen sonde gepleeg, kan weggesteek word nie, maar sal teen ons getuig in die dag van oordeel tensy ons bekeer en dit deur die bloed van Jesus Christus bedek het.  Alle handelinge van ontrou deur die Wet van God te breek, kan nie geheim gehou word nie, maar sal aan die sondaar ontbloot word deur die ondersoekende invloed van die Gees van God.  Onder hierdie veroordeling, is sy gees beproef, en verafsku hy homself wyl hy die reine, vlekkelose karakter van Christus aanskou.
     As jy jou sondigheid raaksien, moenie talm om jou toestand te verbeter nie.  Baie glo dat hulle nie goed genoeg is om na Christus te kom, en besluit om te wag totdat hulle beter doen.  Maar jy kan nie verwag om beter te word deur jou eie pogings (lees Jeremia 13:23).  Ons heill lê slegs in God.  Moenie vir sterker oortuigings wag nie, vir beter geleenthede, of vir heiliger geestesgesteldhede.  Jy kan niks uit jou eie doen nie.  Jy moet na Christus kom nes jy is.
     Moet net nie te lank wag nie!  Moenie jouself mislei met die gedagte dat God, in Sy groot liefde en genade, selfs die verwerpers van Sy welwillendheid sal verlos.  Die uiterse sondigheid van sonde kan slegs beraam word in die lig van die kruis.  Wanneer mense daarop aandring dat God te goed is om die sondaar te verwerp, laat hulle na Golgota kyk.  Dit was omdat daar geen ander uitweg was dat Christus gewilliglik op Golgota moes sterf.  Sonder hierdie oneindige offer sou dit onmoontlik vir die menslike ras wees om te ontsnap van die onreine mag van sonde en herstel word tot gemeenskap met heilige wesens; sou dit onmoontlik was vir hulle om deelgenote te raak van ‘n geestelike lewe.  Dit was as gevolg van die feit dat Christus die skuld van die ongehoorsame ras op Hom geneem het en gely het in hul plek. Die liefde, lyding, en die sterfte van die Seun van God getuig van die vreeslike afskuwelikheid van sonde en sê dat daar geen ontsnaproete van sy mag is nie, geen hoop op ‘n beter en verhewe lewe, behalwe deur die onderwerping van die siel van Christus.
     Adam en Eva het hulself oortuig dat in so ‘n nietige saak soos om van die verbode vrug te eet, kan daar nie sulke vreeslike gevolge wees soos deur God bekend gemaak nie.  Maar die nietige sakie was die oortreding van God se onuittwisbare en heilige wet, en het hulle verwyder van God en het die vloedgolf van die dood en tallose ellendes op ons wêreld gebring.  Selfs die hemele het die gevolge van die rebellie teen God, ervaar.  Golgota staan as ‘n gedenkteken van die ongelooflike offerande nodig vir die versoening vir die oortreding van die goddelike wet.  Laat ons nie sonde beskou as ‘n niksbeduidende ding nie.  Sonde het die oneindige prys van die lewe van God se Seun vereis, om die menslike ras te verlos van die tweede dood.
     Baie aanvaar ‘n verstandelike Godsdiens, ‘n vorm van goddelikheid, terwyl die hart nie gereinig is nie.  Laat dit ook jou gebed wees "Skep vir my ‘n rein hart...en gee opnuut in die binneste va my ‘n vaster gees" Psalm 51:10.  Wees opreg met jou eie siel.  Wees so ywerig, so volhardend asof jou morele lewe daarvan afhang – want dit is so!  Dit is ‘n ernstige saak tussen jy en God. ‘n Vermoedelike hoop, niks meer, sal jou ewige verderf te weeg bring.
     Studeer God se woord met gebed.  Daardie woord is ‘n uitbeelding, van die wet van God en die lewe van Christus, die hoofbeginsels van heiligheid "waarsonder niemand die die Here sal sien nie" Hebreërs 12:14.  Dit oortuig van sonde; dit maak die weg na verlossing duidelik.  Gee aan dit gehoor soos die stem van God spreek tot jou siel en soos jy dit gehoorsaam sal jy gereinig word en bevry word van die sondemag deur die mag en werking van God is jou lewe.  "Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou?  Deur dit te hou na U woord." Psalm 119:9.

     "...werk julle eie heil uit met vrees en bewing; want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae." Filipense 2:12-13.

     As jy die afskuwelikheid van sonde sien, as jy jou sien soos jy werklik is, moenie twyfel en wanhopig raak en opgee nie.  Dit was vir sondaars wie Christus gekom het om te red.  Ons hoef nie God met ons te versoen nie, maar – O wonderlike liefde! – "dat God in Christus die wêreld met Homself versoen" 2 Korinthiërs 5:19.  Deur sy tedere liefde bearbei Hy die harte van Sy dwalende kinders.  Geen aardse ouer is so geduldig met die foute en gebreke van sy kinders soos God met hulle wie Hy, waarna Hy soek om te verlos.  Geeneen kan met soveel tederlikheid smeek na die oortreder nie.  Geen menslike lippe het ooit oorgeloop met meer tedere smeekbedes na die afgedwaaldes soos Hy nie.  Al Sy beloftes, Sy berispings, is maar net die adem van onuitspreeklike liefde.
     Wanneer Satan kom om jou te vertel dat jy ‘n groot sondaar is en dat dit jou niks sal baat om God te dien, rig jou oë na jou Verlosser, kyk na Sy lig en gesels oor Sy lofwaardigheid.  Erken jou sonde, maar laat die vyand weet: - "dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red" en dat jy gered kan word deur Sy ongeëwenaarde liefde (lees 1 Timoteus 1:15).  Ons is inderdaad groot sondaars, maar Christus het gesterf sodat ons heeltemal vergewe word.  Die voordele van Sy offergawe is voldoede om aan die Vader te bring vir ons onthalwe.  Hulle wie baie vergewe is, sal Hom baie liefhê, en sal die naaste wees aan Sy troon om Hom te eerbiedig vir Sy groot liefde en oneindige offer.  Dit is wanneer ons ten volle die liefde van God besef dat ons ‘n beter begrip kry van die sondigheid van sonde.  As ons die lengte van die ketting sien uit die hemel vir ons laat sak, as ons iets verstaan van die oneindige offer wat Christus gemaak het vir ons onthalwe, sal die hart versag word met tederheid en berou.
     Bekering van ons sondes is nodig (lees Spreuke 29:1; Lukas 13:2-5; Openbaring 2:5), maar as ons nie verder vorder as bekering van sonde, sal dit ons niks baat.  Ons moet "dan vrugte dra wat by die bekering pas" (lees Lukas 3:8).  M.a.w. moet ons die sonde versaak en dit laat staan (lees Spreuke 28:13; Efesiërs 4:17-32).  Maar laat ons nie die werk om sonde te versaak verslap nie, en te soek na reinheid van hart deur Jesus, omdat sonde, hoe nietig dit ookal beskou word, kan aan toegegee word slegs vir die ondergang van jou siel.  Wat ons nie sal oorwin nie, sal ons vir ons oorwin en ons vernietiging uitwerk.  As ons besluit om te sondig, is ons diensknegte van sonde en gebind aan die skepper daarvan – die Duiwel (lees Johannes 8:34; Romeine 6:16; 2 Petrus 2:19; 1 Johannes 3:8).  En die loon wat die Duiwel sy knegte vergoed mee, is nie voldoende om op te leef nie – "want die loon van die sonde is die dood" Romeine 6:23.  Maar as ons in stede hiervan besluit om God te eerbiedig, is ons van die sonde bevry deur die offer van Christus.  En wat Christus aan Sy getroue volgelinge gee is voldoende om op te leef – "maar die genade gawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here" Romeine 6:23.
     Maar elke daad van sonde, elke verwerping van die genade van Christus, reageer op jouself; dit verhard die hart, beroof die wil, verdof die verstand en maak jou nie net minder geneig om toe te gee nie, maar minder bekwaam of vatbaar om toe te gee aan die tederlike karakter eienskap of sondige verlange wat aanhoudend gekoester word, sal uiteindelik die hele mag van die evangelie neutraliseer.  Elke sondige toegewing versterk die siel se afkeer tot God.  Diegene wie minagting teen God openbaar, of selfs teen Sy woord van waarheid, sal maai wat hulle gesaai het.  In die hele Bybel is nie ‘n meer plegtige waarskuwing teen hulle wie speel met sonde sodat hierdie sondaar dit oorkom – "een in die vangstrikke van sy sonde word hy vasgehou" Spreuke 5:22.
     Christus is gereed om jou te bevry van sonde, tog sal Hy jou wil nie dwing nie, en as jy dan nogsteeds sondig is jou wil dan geneig tot die euwel, en is daar geen verlange van jou kant om verlos te word en sal of wil jy nie Sy genade aanvaar, wat meer kan Hy doen?  Jy het jouself dus vernietig deur jou vasberade verwerping van Sy liefde.  Maar die vreeslike lot hoef nie jou bestemming te wees nie.
     "...dat Christus Jesus en die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek die vernaamste is."  "Kyk, nou is die tyd van die welbehae; kyk; nou is die dag van heil."  "Vandag as julle Sy stem hoor, verhard julle harte nie." 1 Timoteus 1:15; 2 Korinthiërs 6:2; Hebreërs 3:7-8.