"LET THERE BE LIGHT" Ministries
home  |  Afrikaans  Tracts

DIE  GEHEIME  WEGRAPING  EN
DIE  WEDERKOMS  VAN  CHRISTUS

     Talle eerlike Christene glo dat Christus op twee maniere na die aarde sal terugkeer -  die een in die geheim en die ander sodat almal Hom kan sien.  Die eerste sal wees dat Christus in stilte kom om Sy navolgers in ‘n geheime wegraping van die aarde te neem net voor die tyd van groot benoudheid en verdrukking begin.  Dan, na verskeie jare, vind die sigbare en letterlike verskyning van Christus plaas om diegene wie nie gereed was vir die geheime wegraping nie, ‘n tweede kans te gee om hulleself gereed te kry tydens die groot verdrukking.  Dan sal Christus kom om hulle te verlos.
     Daar is baie Bybel tekse wat handel oor die wederkoms van Christus.  Maar verwys enige van hierdie verse na ‘n stille en geheime wederkoms, of praat hulle almal van die sigbare glansryke gebeurtenis?  Kom ons vind uit wat die onfeilbare Skrifte ons leer.
     Die apostel Paulus skryf dat die koms van Christus na die aarde so sal plaasvind:
     "Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van die aardsengel en met die geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.  Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees." 1 Thessalonisense 4:16-17.

     "Kyk ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word, in ‘n oomblik in ‘n oogwink, by die laaste basuin, want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word." 1 Korinthiërs 15:51-52.

     Paulus maak dit duidelik dat wanneer Christus sal kom, daar ‘n luide geroep; ‘n stem; ‘n trompetgeskal sal wees, die dode opgewek word, en saam met die lewende heiliges, opgeneem word van die aarde om die Here in die wolke te ontmoet om nooit weer van Hom te skei nie.
     Die apostel Johannes verklaar dat die koms van Jesus na die aarde sal soos volg plaasvind:
     "Kyk, Hy kom met die wolke en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!" Openbarig 1:7.

     Johannes sê dat wanneer Christus weer sal kom, sal dit op die wolke wees, sodat elke oog Hom wonderbaarlik sal sien, en alle geslagte wat Hom verwerp het, sal ween.
     Die patriarg Dawid sê dat Sy koms so sal plaasvind:
     "Onse God kom en kan nie swyg nie. Vuur verteer voor sy aangesig en rondom Hom storm dit geweldig.  Hy roep na die hemel daarbo, en na die aarde, om sy volk te oordeel.  Versamel my gunsgenote vir My, hulle wat my verbond by die offer sluit!" Psalm 50:3-5.

     Dawid sê hier dat wanneer Christus weer kom, kom Hy nie in stilte nie, maar dit sal ‘n tyd van oordeel wees met vuur om hulle te verteer wie nie uitverkies is nie; en God sal sy gunsgenote van die aarde bymekaar maak om met Hom te wees – dit is hulle wie alles opgeoffer het om met Hom te wees.
     Jeremia stel Sy koms só voor:
     "...Die Here sal brul uit die hoogte en Sy stem verhef uit Sy heilige woning!  Geweldig sal Hy brul oor sy woonplek; soos druiwe trappers sal Hy ‘n vreugdegeroep aanhef, teen al die inwoners van die aarde.  Oorlogsrumoer het gekom tot by die einde van die aarde, want die Here het ‘n twis met die nasies, Hy hom gerug oor alle vlees.  Die goddelose – aan die swaard het Hy hulle oorgegee, en die wat deur die Here verslaan is lê van die een einde van die aarde tot die ander einde van die aarde..." Jeremia 25:30-31,  33.

     Jeremia sê dat wanneer Christus weer kom, sal Hy sy stem met mag laat hoor; ‘n luide geroep sal opklink; en dit sal oor die hele aarde gehoor word; die Here sal met almal pleit en hulle oordeel, en al die goddeloses sal verdelg word.
     "...En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.  En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemel af tot die ander einde daarvan." Mattëus 24:30-31.

     Christus sê met Sy wederkoms, sal daar ‘n teken wees; dat alle aardbewoners Hom sal sien kom op die wolke met krag en groot majesteit; die meerderheid mense op die aarde sal nie gelukkig wees nie, maar sal rou bedryf; daar sal ‘n luide trompetgeskal, en God sal Sy getroue uitverkorenes vir Homself bymekaar maak, uit alle uithoeke van die aarde.
     Al bogenoemde tekse is heeltemal in harmonie met mekaar omtrent hoe dit sal wees wanneer Christus, in die laaste dae sal terugkeer na die aarde.  Elke oog op aarde, elke persoon van elke nasie en stam sal Hom sien kom met mag en groot glorie; daar sal 'n grootse geluid wees; ‘n luide geroep, ‘n hemelse stem, en ‘n groot luide trompetgeskal; die regverdige dode sal uit hul grafte opstaan, en saam met die lewende heiliges in die wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug, omdat hulle alles opgeoffer het om God te volg en te gehoorsaam. Terwyl die res van die aardse bewoners verteer sal word deur die glorie en helder verterende vuur wat die Here omring, omdat hulle gekies het om Hom nie te gehoorsaam, maar sondig te wees en sodoende te lig bevind is om die ewige lewe te verkry.
     Soos u kan sien, bring die Skrifte dit duidelik na vore dat die tweede koms van ons Here na die aarde nie in stilte sal plaasvind nie, omdat dit met ‘n groot geluid sal gebeur, geroep en met die geblaas van trompet.  En die onfeilbare Skrifte sê ook dat daar definitief niks geheim is in Christus se wederkoms, want elke persoon op aarde sal Hom sien in die hemelse wolke, en sal óf na die hemel geneem word om verewig met die Here te wees, óf vernietig sal word.  Dus is die leerstelling van ‘n geheime of stille wegraping nêrens in die Skrifte te vinde nie, omdat wanneer Christus weer verskyn sal Hy sigbaar wees vir almal om Hom te sien.
     Synde dat die Skrifte ons nie leer omtrent die geheime wegraping nie, waar kom die leerstelling dan vandaan?  Die leerstelling kom van ‘n Presbitaanse vrou wat in ‘n skyndood verval het!  "Die idee van Christus se koms in twee stadia, kom van ‘n Skotse meisie, Mej. Margaret MacDonald van Port Glasgow, Skotland, terwyl sy in ‘n ‘profetiese’ skyndood was." M.L. Moser, An Apologetic of Premillenialism, bl. 28.  Dus het die geheime wegraping nie sy oorsprong in die woord van God, maar het sy ontstaan uit ‘n mistieke skyndood!
     Maar wat van die Skrifte wat sê dat die Heer sal kom "soos ‘n dief in die nag."  Dit moet seker die geloof in die geheime wegraping steun?  Tog skryf die apostel Petrus aan ons:
     "...die teenswoordige hemel en die aarde is deur dieselfde woord (van God) as ‘n skat weggelê en word vir die vuur bewaar teen die dag van die oordeel en die verderf van die goddelose mense....Die Here...is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.  Maar die dag van die Here sal kom soos ‘n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand." 2 Petrus 3:7, 9-10.

     Petrus verklaar, in harmonie met die res van die Skrifte, dat wanneer Christus weer verskyn sal dit luid en helder wees, en ‘n versengende hitte sal die aarde verbrand en laat smelt.  Daar is definitief NIKS GEHEIMSINNIG en stil OMTRENT DIT!  Dit is dan voor die handliggend dat die stelling - "soos ‘n dief in die nag" - het geen verwysing na ‘n geheime wegraping, maar na enkelinge wat verbaas sal word, wat onvoorbereid gevang word, en wie nie gereed is vir die Here se wederkoms.
     O, maar wat van die teks wat sê dat een geneem sal word en die ander agtergelaat word (lees Mattëus 24:37-41); waarlik dit rugsteun die geloof in die geheime wegraping, is dit nie?
     In die Skrifte trek Christus ‘n parallel tussen die tyd van Sy koms teenoor die tyd van Noag en die vloed – en daar was tog niks geheimsinnig omtrent die vloed nie!  Hulle wie die ark ingegaan het, was gered, terwyl die wie geweier het om na God se stem te luister vir hul redding, was buite gelaat.  Maar waarvoor was hulle buite gelos?  Vir nog ‘n kans om verlossing?  NEE!  Hulle was buite gelos vir verdelging.
     Maar wat van die mening dat Christus Sy volk van die aarde sal wegraap voor die tyd van benoudheid, beproewing, vervolging, en die werkinge van Satan met sy leuenagtige wonders?
     Die profeet Daniël skryf: "...maar in die tyd sal jou volk gered word, elkeen wat in die boek opgeskrywe staan." Daniël 12:1.

     Die apostel Johannes verklaar dat God se opregte volk wie sal lewe met Christus se herkoms na die aarde sal hulle wees wat uit groot verdrukking kom, en hul klere gewas en hul klere (karakters) wit gemaak is die bloed van die Lam." Openbaring 14:7.

     En die apostel Paulus openbaar die tyd van Christus se herkoms na die aarde op die wyse:
     "En dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak, hy wie se (Christus) koms is volgens die werking van Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie.  En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo, sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid." 2 Thessalonisense 2:8-12.

     Hier sien ons dat Daniël, Johannes en Paulus dit eenvoudig stel dat die wederkoms van Christus en die verlossing van God se getroue heiliges nie kon plaasvind na die groot verdrukking, na die tyd van benoudheid, en na die werkinge van Satan met allerlei kragtige dade, tekens en die wonder van die leuen.  Hier word almal verlei wie in ongeregtigheid lewe, omdat hulle nie die waarheid liefhet en die egte na volg nie, en al die sulkes sal vernietig word met die glorie van Sy wederkoms.  Vir ‘n feit het Christus gebid dat Sy Vader nie Sy volk "...uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar." Johannes 17:15.

     Omdat daar geen tyd dan is vir ‘n geheime wegraping vir God se volk is nie, is daar dus ook nie ‘n tweede kans vir verlossing op aarde nie!
     "...Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie..." Hebreërs 3:15.
     "...kyk, nou is dit die tyd van die welbehae; kyk, nou is die dag van heil." 2 Korinthiërs 6:2.

     Mag ons verstaan dat "die heil is ver van die goddelose" (Psalm 119:155), omdat hulle nie God se wil doen nog minder Sy gebooie onderhou, en dus gaan hulle voort om te sondig (1 Johannes 3:3-10).  Laat ons dat seker maak dat ons nóú gereedmaak vir ons Verlosser se wederkoms sodat Sy herkoms ons nie onverhoeds betrap en ons onvoorbereid aantref "soos ‘n dief in die nag", en verlore gaan.
     Mag ons dan "kinders van die dag wees" (1 Thessalonisense 5:5) wat bely en laat staan (sondes / Spreuke 28:13); hulle wat in die lig van Christus wandel; hulle “wie God vrees Sy gebooie hou” (Prediker 12:13), en wie “vas hou (aan Christus) en bekeer” (Openbaring 3:3).  Mag ons ywerig wees om ons "roeping en verkiesing te verseker" (2 Petrus 1:10), wetende dat God nie sal toelaat dat Sy volk bo hul kragte “versoek sal word nie” (1 Kor. 10:13).  Mag ons besef dat "almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word" (2 Timotëus 3:12), en dit is slegs deur die vurige pyle lydsaam te verduur (Efesiërs 6:10-17) en "die vuurgloed van vervolging" (1 Petrus 4:12-14), en enige vervolging dat ons geloof of goud "deur vuur gelouter is" (Openbaring 3:18).  En as ons as eg bewys word, en "staan in die geloof" (1 Korinthiërs 16:13), en getrou bevind word tot aan die einde, dan sal ons "saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus" en sal "saam met Hom kan lewe" (1 Thessalonisense 5:9-10) verewig in "die koninkryk van die hemele" (Mattëus 5:10).

     "Pas op, waak en bid, want julle weet nie wanneer die tyd daar is nie...En wat Ek vir julle sê, sê Ek vir almal: Waak!” Markus 13:33, 37.