"LET THERE BE LIGHT" Ministries
home  |  Afrikaans  Tracts

DIE  FINALE  OORDEEL

     Die hoogtepunt van die evangelie is die wederkoms van Jesus Christus.  Die Nuwe Testamentiese skrywers noem die gebeurtenis meer as drie honderd keer! Gepaardgaande met hierdie gebeurtenis is die verlossing en regverdiging van God se volk na die gebeurlikheid (lees Hebreërs 11:10, 13-16).
     Terwyl Johannes die toneel aanskou het, het hy die bruid van Christus gesien, geklee in wit.
     "En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges." Openbaring 19:8.

     Ons weet die bruid is die kerk of die heiliges van God (lees 2 Korinthiërs 11:2; Efesiërs 5:23-24).  Satan het met die groot leuen vorendag gekom dat ons verlossing verkry word deur die passiewe verkryging daarvan, nadat Christus dit vir ons verwerf het, deur Sy lewe en dit op te offer, en al wat nodig is van ons kant is slegs om die plan van verlossing te aanvaar, op Skedelhoogte, vir ons gedoen.  In teenstelling hiermee lees ons dat die wit kleed wat die regverdiges aanhet, is die kleed van hul regverdigheid.
     "...laat niemand julle mislei nie: wie die regverdigheid doen, is regverdig soos Hy regverdig is." 1 Joh. 3:7.

     Dit is waar dat hul regverdigheid verkry is deur Jesus, maar die heiliges doen nie net lippediens omtrent die heiligheid en regverdigheid van God se goeie wet nie (lees Romeine 7:12), maar hulle verhelder hierdie wet met die wyse waarop hulle lewe (lees Openbaring 14:12).  Deur ‘n aktiewe en lewende geloof het hulle deelgenote van die goddelike natuur geword en op dié wyse spring hulle die korrupsie vry wat in deur begeerlikheid in die wêreld is (lees 2 Petrus 1:4).  Deur die geloof in Jesus wat in en deur hulle werk is hulle gereinig van alle sonde, en alle defekte van hul karakter.
     "Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my, En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het." Galasiërs 2:20.

     Vir baie is die tydsverloop sonder die vervulling van die belofte van Jesus se tweede koms ‘n bron van verleentheid.  Tog vertel die Bybel waarom daar ‘n duidelike versuiming is.  "Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom Sy vrou het haar gereed gemaak." Openbaring 19:7.  En die manier hoe Christus se kerk haarself gereed maak is deur alle vlekke en smet van sonde uit hul karakter te verwyder (lees Efesiërs 5:23-27).
     Ons karakter word openbaar deur die dinge wat ons doen, nie deur goeie en slegte dade wat ons by geleentheid doen nie, maar deur gewoontes wat ons aangekweek het.  Die klein insidente van elke dag wat dikwels sonder ons bewustheid daarvan gebeur, is die dingetjies wat aan ons karakter bou.  Elke gebeurtenis in ons lewens het ‘n groot invloed in ons lewens of vir die goeie of die slegte. Hoe langer ‘n sekere verloop van gebeurtenisse gevolg word, hoe groter die moontlikheid dat dieselfde lewenswandel deur die lewe gevolg sal word.
     Die karakter wat ons opbou, die houdings wat ons aanneem, stel ons bestemming vas vir nou en vir ewig.  Die keuses wat ons maak word alles getrou opgeteken in die hemelse kroniekboeke (lees openbaring 20:11-15).  Dit is hierin waarin ons sien of ons karakter gevorm is na die gebod van gehoorsaamheid, of volgens wetteloosheid met die oorsprong as rebellie in die gestalte van Lucifer.  Ons besluit selfs vandag, deur ons houding en karakter, of ons gevind sal word met die wit kleed van geregtigheid aan, of verlore sal gaan met Christus se wederkoms.
     Besluiteloosheid word gou ‘n besluit in die verkeerde rigting.  Baie sal faal of misluk om die hemel binne te gaan en die ewige lewe te verkry omdat hulle misluk om vasbeslote pogings aan te wend, om hul defekte in hul karakter, deur Jesus, te oorkom terwyl hulle hier op aarde is. Talle wie verwag om hul probleme iewers in die toekoms te oorkom, besluit vandag vir die ewige verderf.
     Jesus het vir die eerste keer na die aarde gekom as die Verlosser van die mensdom.  Hy het na die wêreld die woorde van die lewe gebring (lees Johannes 6:63), sodat deur dit te ontvang, almal wat wil die verlossing mag verkry.  Jesus waarsku ook dat dié wie die woorde verwerp, sal daardeur geoordeel word.
     "Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: dié woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag." Johannes 12:48.

     So wanneer Jesus vir die tweede keer sal terug keer is dit nie as ‘n Verlosser nie, maar as ‘n Regter.
     "En Kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees." Openbaring 22:12.

     Met Jesus se wederkoms sal die hele regverdige dode uit die grafte opstaan, en met die lewende heiliges sal hulle geneem word om Jesus in die hemel te ontmoet (lees 1 Thessalonisense 4:16-17).  Die geheim om deel te wees van die eerste opstanding is om alle sonde te oorkom, want slegs hulle wie sonde oorwin het deur die krag van Jesus aan hulle beskikbaar gestel, diesulkes se name verskyn in die Lam se lewensboek, en net hulle wie se name opgeteken staan in die boek het ‘n deel in die eerste opstanding.
     "Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele." Openbaring 3:5.

     Met die verskyning van Jesus is die regverdige verheug om Hom te sien (lees Jesaja 25:9).  Die goddelose is beangs en neig om te vlug voor Sy teenwoordigheid uit (lees Openbaring 6:16), en sal tot niet gemaak word met die verskyning van Sy glorieryke wederkoms (lees Openbaring 19:21; 2 Thessalonisense 2:8).  Dit is in dié tyd dat Satan gebind is vir ‘n duisend jaar, en na dit sal hy weer vrygelaat word, slegs vir ‘n klein tydjie (lees Openbaring 20:1-3).


GEEN  TOEKOMSTIGE  GELEENTHEID  VIR  VERANDERING

     Baie word mislei en verwag ‘n geleentheid om ‘n besluit êrens in die toekoms vir hul verlossing te maak terwyl Satan gebind is, maar ons kan duidelik sien dat Satan nie gebind word totdat Jesus weer kom, en die regverdiges na die hemel geneem en die onregverdiges vernietig word. (Vir meer omtrent die feit skryf gerus vir ons traktaat die Geheime Wegraping).
     Die gebondenheid van Satan is as gevolg van sy omstandighede.  Ons het al die uitdrukking gehoor: "my hande is vasgebind of afgekap."  Ons verstaan die punt dat die persoon a.g.v. sy omstandighede buite sy beheer, word hy verbied om te doen wat hy andersinds sou doen.  In die geval is Satan beperk tot die aarde.  Die onregverdiges is oorlede, die regverdiges is hemelwaarts geneem, en na ses duisend jaar van intense aktiwiteit, is dié gevalle engel geforseer om na te dink oor die naderende oordeel.  Jesaja praat só oor hierdie tyd:
     "Ja, in die doderyk sal jy (Lucifer) neer gewerp word, in die diepste plekke van die kuil!  Die wat jou sien, beskou jou, hulle let op jou en sê: Is dit die man wat die aarde laat sidder het, koninkryke laat beef het?...Maar jý is gewerp, ver van jou graf, soos ‘n afskuwelike uitspruitsel, oordek met die wat verslaan is, wat deurboor is met die swaard, wat neerdaal na die klippe van die grafkuil soos vertrapte aas.  Jy word nie met hulle in die graf verenig nie, want jy het jou land verwoes, jou volk gedood; die nageslag van die kwaaddoeners word verewig nie genoem nie." Jesaja 14:15-16, 19-20.
     Alhoewel die oordeel begin het met die verkondiging van die evangelie, is dit nie verby nie, (lees Openbaring 14:6-7), want ons lees dat die oordeel gegee sal word aan die regverdiges (lees Openbaring 20:4).  Paulus sê weer dat die heiliges sal oordeel, nie net die aarde nie, maar engele ook (1 Korinthiërs 6:2-3).
     In elke geregtelike ondersoek is daar drie fases van oordeel – ondersoekend, vonnis oplegging en voltrekking daarvan.  Die eerste is die ondersoekende oordeel.  In die fase word die getuienis hersien en opgeweeg en ‘n besluit gemaak of jy skuldig is of nie.  As dit vasgestel is dat die beskuldigde onskuldig is, word sy verhoor beëindig met ‘n vryspraak.  Paulus praat hiervan in Timoteüs:
     "Die sondes van sommige mense is baie duidelik en gaan voor hulle uit tot die oordeel, maar volg ander eers agterna.  Net so is ook die goeie werke baie duidelik, en ook die wat anders is, kan nie weggesteek word nie." 1 Timoteüs 5:24-25.

     Sommige mense, het deur bekentenisse en versaking van sondes, het hul sondes vooruit gestuur na die oordeel en is vergewe en bedek deur die bloed van Jesus.  Maar andere het geweier om so te maak en enige onbeleide en onvergewe sondes wat nie onvergewe bly om hulle te veroordeel in die laaste dag.  Hulle sal in die weegskaal geweeg word en te lig bevind word.  Die ondersoekende oordeel moet beëindig word voor Jesus kom, want wanneer Hy kom is alle besluite reeds geneem oor wie gered en wie verlore is.  Dit sal dan te laat wees om gereed te maak!  Ons moet nou gereed wees met ons sondes bely, laat staan en vergewe, voor Christus kom!  Nadat Christus gekom het is alle besluite geneem en gaan ons die tweede fase van die oordeel binne – die vonnis fase.
     In elke verhoor, waar die verdediger skuldig bevind word, word ‘n vonnis datum vasgestel.  Tydens dié periode word die getuienis gelewer in die verhoor geëvalueer en die vonnis vasgestel.  Dit is in die tweede fase dat die regverdige heiliges deelgenote is.
     Net soos daar ‘n opstanding tot die lewe vir die heiliges met die tweede koms van Jesus was, is daar wel een meer opstanding wat ervaar moet word – die opstanding van die veroordeling.  Die verlorenes, die wie nie na die hemele geneem is met die wederkoms, kom voort uit hul grafte teen die einde van die duisend jaar (lees Openbaring 20:5).  In die tyd word Satan vrygelaat slegs vir ‘n kort tydjie en hy begin dan dadelik sy verleidings werk (lees Openbaring 20:5, 7-9).
     Vasberade tot die einde toe in hul haat teen regverdigheid, probeer die onregverdiges onder Satan se leierskap die regverdiges gevange te neem en die heilige stad oor te neem.  In die tyd vind die derde en laaste fase van die oordeel plaas.
     Gestuit om hul planne te volvoer, loop die onregverdiges deur onder die uitvoerende oordeel soos vasgestel teen hulle in die vonnis fase.  Vuur kom uit die hemel wat die onregverdiges totaal en al verteer – insluitende Satan of Lucifer self – en almal word niks minder as as nie (lees Esegiël 28:18; Maleagi 4:3).  Alle sondaars en sonde word verewig van die aarde of uit die heelal verwyder, en so word alle spore van rebellie verewig verwyder.
     Met die helder prentjie van die oordele voor jou, is die groot vraag wat jou aangaan: Hoe kan ek myself bevry van so ‘n brandende en verskriklike bestemming?  Genadiglik sê God ons hoe:
     "Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy Sy enig gebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê....maar dat die wêreld deur Hom gered kan word....maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom." Johannes 3:16-17, 36.

     "Onderwerp julle dan aan God.  Weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.  Nader tot God, en Hy sal tot julle nader.  Reinig die hande julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges!...Verneder julle voor die Here en Hy sal julle verhoog." Jakobus 4:7-8, 10.

     "Simeon, Petrus, ‘n dienskneg en apostel van Jesus Christus, aan die wat net so ‘n kosbare geloof verkry het deur die geregtigheid van onse God en Saligmaker, Jesus Christus...Waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.  En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die deug, en by die deug die kennis, en by die kennis die selfbeheersing, en by die selfbeheersing die lydsaamheid, en by die lydsaamheid die godsvrug, en by die godsvrug die broederliefde en by die broederliefde die naaste liefde.  Want as hierdie dinge by julle aanwesig is en toeneem, dan laat dit julle nie ledig of onvrugbaar tot die kennis van onse Heer Jesus Christus nie." 2 Petrus 1:1,4-8.

     "...En as iemand gesondig het, ons het ‘n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige.  En Hy is ‘n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s’n nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.  En hieraan weet ons dat ons Hom ken: as ons Sy gebooie bewaar.  Hy wat sê: Ek ken Hom – en sy gebooie nie bewaar nie – is ‘n leuenaar en in hom is die waarheid nie.  Maar elkeen wat sy woord bewaar, in hom het die liefde van God waarlik volmaak geword.  Hieraan weet ons dat ons in Hom is.  Hy wat sê dat hy in Hom bly, behoort self ook so te wandel soos Hy gewandel het." 1 Johannes 2:1-6.

     "Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense.  Want God sal elke werk bring in die gerig wat kom oor al die verborge dinge, goed of sleg." Prediker 12:13-14.