"LET THERE BE LIGHT" Ministries
home  |  Afrikaans  Tracts

EN  GOD  HET  HIERDIE  WOORDE  GESPREEK

I
Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.

II
Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. Jy mag voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die Here jou God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat my haat; en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat my liefhet en my gebooie onderhou.

III
Jy mag die Naam van die Here jou God nie ydellik gebruik nie, want die Here sal die een wat sy naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.

IV
Gedenk die Sabbatdag dat jy dit heilig. Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; maar die sewende dag (Sabbat) is die sabbat van die Here jou God; dan mag jy géén werk doen nie –– jy of jou seun of jou dogter of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie. Want in ses dae het die Here die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag (sabbat) het Hy gerus. Daarom het die Here die Sabbatdag geseën en dit geheilig.

V
Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die Here jou God aan jou gee.

VI
Jy mag nie doodslaan nie.

VII
Jy mag nie egbreek nie.

VIII
Jy mag nie steel nie.

IX
Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie.

X
Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.
Exodus 20:3–17.


SOOS GEVIND IN DIE NUWE TESTAMENT

                                                               I   Matthéüs 4:10         VI   Jakobus 2:11
                                                              II   1 Johannes 5:21     VII   Markus 10:19
                                                              III  1 Timótheüs 6:1      VIII   Matthéüs 19:18
                                                              IV  Markus 2:27-28      IX   Romeine 13:9
                                                              V   Efésiers 6:1-2         X   Romeine 7:1, 7


     "Ek sal my verbond nie ontheilig nie, en wat oor my lippe gegaan het, sal Ek nie verander nie." Psalm 89:35.

     "Want Ek, die Here, het nie verander nie..." Maleági 3:16.

     "Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul. Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie. Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele." Matthéüs 5:17–19.

     "...U, Here, het geseën, en dit sal vir ewig geseënd wees." 1 Kronieke 17:27.

     "Al U gebooie is waarheid." Psalm 119:151.

     "U wet is waarheid." Psalm 119:142.

     "Want die Here is goed; sy goedertierenheid is tot in ewigheid, en sy trou van geslag tot geslag." Psalm 100:5.

     "Al Sy gebooie is betroubaar. Vasgestel is hulle vir altyd, vir ewig; uitgevoer in trou en opregtheid." Psalm 111:7-8.

     "En dit is die liefde, dat ons wandel volgens sy gebooie. Dit is die gebod soos julle van die begin af gehoor het (sien Exodus 20:8–11) dat julle daarin moet wandel." 2 Johannes 1:6.

     "Hy wat sê: Ek ken Hom –– en sy gebooie nie bewaar nie –– is ‘n leuenaar en in hom is die waarheid nie." 1 Johannes 2:4.


DIE  MENS  HET  VERDRAA  WAT  GOD  GESPREEK  HET

Katolieke:

     "Jy kan die Bybel lees van Genesis tot Openbaring, en jy sal nie een sin kry vir die heiliging van Sondag nie. Die Bybel bekragtig die godsdienstige onderhouding van Saterdag, ‘n dag wat nie deur ons geheilig word nie." James Cardinal Gribbons, The Faith of Our Fathers (1917 ed.), p. 72-73.

     "Vraag –– Hoe kan julle bewys dat die kerk mag het om vakansie en heilige dae in te stel?"
     "Antwoord –– Deur die verandering van Sabbat na Sondag, wat deur die protestante toegelaat is, en daardeur hulle self weerspreek, deur Sondag te heilig, terwyl hulle baie ander feestye verontagsaam wat deur dieselfde kerk bekragtig is." Henry Tuberville, An Abridgement of the Christian Doctrine (1833 approbation) p. 58 (same statement in Manual of Christian Doctrine, ed. By Daniel Ferris [1916 ed.] p. 67).

     "Vraag –– Het jy enige ander bewys dat die kerk mag het om feesdae op bevel in te stel?"
     "Antwoord –– As sy nie soveel mag gehad het nie, sou sy ook nie reggekry het waaroor al die moderne geestelikes saamstem met haar, soos die verandering van Sondag die eerste dag van die week, vir die onderhouding van Saterdag die sewende dag, ‘n verandering waarvoor daar geen skriftelike gesag voor is nie." Stephen Keenan, A Doctrinal Catechism (3rd ed.) p. 174.

     "Die Katolieke Kerk...deur die krag van haar geestelike sending, het sy die dag van Saterdag na Sondag verander." The Catholic Mirror, official organ of Cardinal Gibbons, Sept, 23, 1893.


Katolieke  gesaghebbendes  erken  dat  daar  geen  bevel  in  die  Bybel  is  vir  die heiliging  van  Sondag

     "As ons slegs die Bybel raadpleeg, sal ons ook die heilige Sabbatdag moet hou, dit is Saterdag." John Laux, A Course in Religion for Catholic High Schools and Academics, vol. 1 (1936 ed.), p. 51.

     "Dit was die Heilige Katolieke Kerk wat die rusdag verander het van Saterdag na Sondag, die eerste dag van die week. En dit het nie net almal gedwing om Sondag heilig te hou nie, maar op die Raad van Laodicea, A.D. 364, banvloek hulle wat die Sabbat hou en spoor alle persone aan om op die sewende dag te werk op die straf van die banvloek.
     "Watter kerk word deur die hele beskaafde wêreld gehoorsaam? Protestante noem ons al wat ‘n verskriklike naam is wat hulle aan kan dink –– anti-chris, skarlakenrooi dier, Babilon, ens. en terselfdertyd toon hulle groot respek vir die Bybel, en deur hulle plegtige houding deur Sondag te hou, erken hulle die gesag van die Katolieke Kerk.
     "Die Bybel sê: 'Gedenk die Sabbatdag dat jy dit heilig', maar die Katolieke Kerk sê: 'Nee, hou die eerste dag van die week; en die hele wêêreld buig in gehoorsaamheid.'" Vader T. Enright, Rooms Katolieke Priester, Kansas City, Mo.


Protestante:

Anglikaan:

     "En waar in die Skrifte is ons gesê dat ons die eerste dag moet hou? Ons word beveel om die sewende dag heilig te hou, maar ons was nêrens beveel om die eerste te hou nie...Waarom ons die eerste dag van die week heilig i.p.v die sewende is vir dieselfde rede dat ons ander dinge onderhou, nie omdat die Bybel, maar omdat die kerk, dit ingestel het." Isaac Williams (Anglikaan) Plain Sermons on Catechism, vol 1, p. 334, 336.


Baptis:

     Dr. Edwards T. Hiscox (Baptis) "Daar was en is ‘n gebod om die Sabbatdag heilig te hou, maar die Sabbatdag was nie Sondag. Dit sal in elk geval geredelik en met ‘n mate van triomf erken word dat die Sabbat verskuif is van die sewende na die eerste dag van die week....Waar kan die verslag gevind word van so ‘n transaksie? Nie in die Nuwe Testament nie, - beslis nie." Paper Read August 20, 1893, ‘n Baptiste ministers' vergadering te Saratoge, New York.


Kong. Kerk:

     Dr. R.W. Dale (Britse Kong. Kerk) "Dit is baie duidelik, maak nie saak hoe ernstig of toegewy ons Sondag deurbring nie, maak dit nie van die dag die Sabbat nie....Die Sabbat was geskep op ‘n spesifieke, Goddelike wet. Ons kry nêêrens so ‘n wet vir die onderhouding van Sondag nie....Daar is nie ‘n enkele sin in die Nuwe Testament wat aandui dat ons enige straf oor ons bring vir die verontagsaming van die sogenaamde heiligheid van Sondag nie." The Ten Commandments, p. 127–129.


Lutheraan:

     "Ons het gesien hoe die indrukke van die Joodse sabbat gekwyn het van die wete van die Christelike kerk, en hoe die nuwe gedagtes omtrent die eerste dag, die kerk binnegesluip het. Ons het gesien dat die vroeë Christene nie die een met die ander verwar het nie, maar dat hulle beide gevier het." The Sunday Problem (1923 ed.), a Study book of the United Lutheran Church, p. 36.

     "Die feesvieringe van Sondag, soos alle ander feesdae, was almal net ‘n menslike instelling en dit was ver van die voorneme van die apostels om ‘n goddelike wet daar te stel in die geval; hulle en die vroeë apostoliese kerk het nie dié idee gehad om die wet van die Sabbat na Sondag te verskuif." The History of the Christian Religion and Church, Dr. Augustus Neander, p. 68.


Metodis:

     Methodist Episcopal Theological Compend, by Amos Binney: "Dit is waar dat daar geen positiewe wet is vir baba-doop nie....nog minder is daar en vir die heiliging van die eerste dag van die week." Bladsye, p. 180-181.


     Op wie se gesag het die Protestante Sondag heilig gehou.  Net op die gesag van die Roomse Katolieke Kerk wat die Sabbat verwerp het.

     "Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense." Prediker 12:13.